Die Graad 12-leerders van Hoërskool Ermelo hou elke jaar ’n uitstalling om hulle laaste skooljaar se kunswerke aan die publiek te vertoon.
Die leerders kry deur die loop van die jaar vier temas, wat deur leerders nagevors en ondersoek word en in hul bronboeke weergegee word.
Die kunsprodukte word dan in enige medium en grootte geskep deur die leerders.
LEES OOK: Altus Boshoff vaar goed by WOW-spelfees in Stellenboch
Vanjaar se temas het water, bagasie /las, beweging en chaos, asook rituele ingesluit.
’n Goeie gemiddeld met vele onderskeidings word elke jaar deur die Graad 12-groep gehandhaaf en EHS is een van die min skole wat Visuele Kuns as vak aan leerlinge bied.







