Erge donderstorms en ’n tornado het op 3 Januarie grootskaalse skade by Panbult, tussen Ermelo en Mkondo (Piet Retief), gerig.
Plantasies in die area het miljoene rand se verlies gelei toe ’n tornado sy opwagting in dié gebied gemaak het.
Volgens mnr. Kurt Paul, ’n boer van Taaiboschspruit, het hulle 200ha denneplantasies ter waarde van sowat R20-miljoen verloor.
Die Suid-Afrikaanse Weerdienste het bevestig dat dié tornado volgens die “Enhanced Fujita Tornado Scale” as ’n EF3 tornado geklasifiseer word.
’n EF3 tornado het ’n windsnelheid van tussen 267 tot 322 km/h.
Lees die volledige berig in die Hoëvelder.
(Foto’s: Verskaf)
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



