NewsSchools

Ligbron Akademie vir Tegnologie verwelkom nuwe hoof

Leerders het ’n erewag vanaf die voorportaal tot by die saal gestaan, waardeur mnr. Brand en sy vrou me. Erika Brand gestap het.

Mnr. Gerhard Brand, die nuwe skoolhoof van Ligbron Akademie vir Tegnologie is op 15 Januarie, op die Liggie-manier by die skool verwelkom.

Leerders het ’n erewag vanaf die voorportaal tot by die saal gestaan, waardeur mnr. Brand en sy vrou me. Erika Brand gestap het.

Hulle is met groot toejuiging ontvang.

LEES OOK: Ligbron se matriekklas van 2019 behaal skitterende prestasies

Mnr. Dup van Rensburg, voormalige hoof van Ligbron het tydens die saalopening mnr. Brand se kers aangesteek, waarna hy sy blou baadjie ontvang het.

Mnr. Brand was voorheen die hoof van KHS (Klerksdorp Hoërskool) en deel dieselfde waardes en beginsels wat die kern vorm van Ligbron Akademie vir Tegnologie.

Die personeel en leerders van Ligbron is saam met mnr. Brand opgewonde vir die nuwe era wat voorlê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button