NewsSchools

Ligbron-atlete hol dat die biesies bewe tydens interhuisbyeenkoms

Die Koedoes het die atletiekbeker en die Springbokke die geesbeker gewen.

Die leerders van Ligbron Akademie vir Tegnologie is op 21 Januarie, in vier groepe gedeel tydens hul jaarlikse interhuis-atletiekbyeenkoms.

Die spanne, Koedoes (Blouspan), Springbokke (Swartspan), Gemsbokke (Geelspan) en die Rooibokke (Rooispan) het met mekaar vir die geesbeker, sowel as die atletiekbeker meegeding.

Die Koedoes het die atletiekbeker en die Springbokke die geesbeker gewen.

SIEN OOK: GALERY – Rekords spat by Ligbron Akademie vir Tegnologie

Anele Ngwenya is as die beste junior seuns-veldatleet aangewys en Senhlanhla Khumalo as die beste junior dogters-veldatleet.

Sias Jacobs en Carla Niebuhr was die beste senior seuns- en dogters veldatlete.

Die beste junior seuns-baanatleet was Lindo Maseko en Brenda Kirsten was die beste junior dogters-baanatleet.

Kwanele Nkambule was die beste senior seuns-baanatleet met Zené Jonker as die beste senior dogters-baanatleet.

Elizmari Greyling is as die junior victrix ludorum en Anele Ngwenya as die junior victor ludorum aangewys.

Carla Niebuhr was die senior victrix ludorum en Kwanele Nkambule die senior victor ludorum.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button