NewsSchools

Erries vertoon spoggerig by Valentynsbal

Die manne se sjiek uitrustings en die meisies se keurige aandrokke het van goeie smaak getuig.

Hoërskool Ermelo se leerders het op 5 Februarie hul dasse, baadjies, rokke en hoëhakskoene nadergetrek vir die jaarlikse Valentynsbal.

Dit is oudergewoonte in die skoolsaal gehou.

Die leerders het voor die dans vergader waar hul peuselhappies en skemerkelkies geniet het, terwyl hulle gesellig verkeer het met die musiekpersoneel wat vir agtergrondmusiek gesorg het.

’n Paar amateur-fotograwe het die fraaie paartjies en vriendekringe op kiekies vasgevang.

Die leerders het heerlik gedans en vir die honger mae was daar smullekker Debonairs-pizza’s te ete.

Mnr. Pieter Grobler, Hoërskool Ermelo se hoof, het gesê: “’n Opregte woord van dank aan elkeen vir hul tyd en moeite om jaarliks van dié Valentynsbal ’n spesiale geleentheid te maak.

“Jul harde werk gaan nie ongesiens verby nie en Hoërskool Ermelo is bevoorreg om personeel te hê vir wie dit ’n vreugde is om die belange van ons leerders eerste te stel.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button