NewsSchools

Hoërskool Ermelo se wintersportspanne is goed op dreef

Die netbalspanne van Hoërskool Ermelo het almal as oorwinnaars van die bane afgestap.

Hoërskool Ermelo het op 7 Maart in die Laeveld teen Curro Nelspruit kragte gemeet.

Die dogters-hokkiespanne het die dag met aanskoulike spel al hul wedstryde gewen.

EHS se hokkieuitslae is as volg: 0/14A-span (1-0), die 0/15A (9- 0), 0/16A (12- 0) en die eerstespan het hul wedstyd met ’n skitterende telling van 13-0 gewen.

Die netbalspanne het ook almal as oorwinnaars van die bane afgestap: 0/14A (16-8), 0/14B(20-3), 0/15A(23-22), 0/15B(19-7), 0/16A (18-3), 0/16B (23-2), tweedespan (20-4) en die eerstespan het met ‘n uitsonderlike telling van 42-21 hul teenstanders geklop.

EHS se rugbyspanne vaar het goed gevar en die seuns het pragrugby gespeel.
Die 0/14A-span het  17-12 gewen. Die puntemakers is Andries van Niekerk met twee drieë en Carel Jacobsz met een drie. Christiaan Horn het een drie verdoel.

Die 0/15A-span het 12-42 verloor, met Zulu Zimele en Maritz Hancke wat elk ’n drie gedruk het en Madini Bafana een drie verdoel het.

Die 0/16A-span het hul teenstander 36-24 laat les opsê. Tiaan Grobler het drie drieë vir die span gedruk terwyl, Msizi Hlophe twee en CJ van Huyssteen een drie gedruk het. Marius Nel het drie doelskoppe oorgeskop.

EHS se tweedespan het 34-0 gewen. Sihle Nkambule het drie drieë, Linda Ndlovu twee drieë en Bongumusa Mahlangu een drie vir die span aangetekn. Gunther Badenhorst en Andre Dale Groenewald het elk een doelskop oorgeskop.

Hoërskool Ermelo se eerstespan het met ’n pragtige telling van 24-19 hul wedstryd gewen. Arend Fourie het twee drieë aangeteken, terwyl Chad Coetzee en Thamsanqa Nyantsumbe elk een drie gedruk het. Nyantsumbe het twee drieë verdoel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button