Die gr. 10-landbouleerders van Hoërskool Ermelo het op 11 Maart die Chrissiesmeer Boeredag besoek.
Dáár het die leerders ’n lesing oor bewaringsboerdery bygewoon en nuwe kennis oor ekologiese boerdery verwerf.
Die leerders het ook die verskillende kultivars van mielies en sojabone van verskillende maatskappye, asook demonstrasies van verskeie grondbewerkingsimplemente geniet.

Herman Holtzhausen, ’n leerder van Hoërskool Ermelo, het tydens die boeredag aan ’n kompetisie van Dekalb-saadmaatskappy deelgeneem.
Feesgangers het die geleentheid gekry om die gewig van mieliepitte in n glashouer korrek te skat. Herman is die enigte persoon wat die naaste aan die werklike massa kon skat en was maar slegs met 6g uit.
Hy het vyf sakkies mieliesaad van Dekalb gewen.



