NewsSchools

Liggies presteer ná afloop van die 2019 matriek-eindeksamen hermerk

Die totale onderskeidings vir Ligbron se 2019 matrikulante staan nou op 151 onderskeidings met ’n slaagsyfer van 99,3%.      

Ná afloop van die 2019 matriek-eindeksamen se hermerk het Ligbron Akademie vir Tegnologie nuus ontvang dat die Liggies ’n tweede leerder het wat met sewe onderskeidings spog.

Hlohonolofatso Sibeko het onderskeidings in die volgende vakke behaal: Engels Home Language 80%, Afrikaans FAL 86%, Wiskunde 90%, Lewensorieëntering 81%, CAT 86%, Lewenswetenskap 86% en Fisiese Wetenskap 94%.

Ronald Pringel het sy Afrikaans Huistaal geslaag en slaag dus nou ook sy matriek.

Nog ’n leerder, Rizqah Tayob, is ook nou die tweede leerder wat haar matriek met vyf onderskeidings slaag.

Die totale onderskeidings vir Ligbron se 2019 matrikulante staan nou op 151 onderskeidings met ’n slaagsyfer van 99,3%.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button