NewsSchools

Matriekleerders van Ligbron ervaar gemengde gevoelens oor inperking

Meeste van die leerders is frusteerd om gedurende die belangrike skooljaar ingeperk by die huis te wees, maar met die hulp van Ligbron se aanlysklasse voel die leerders meer gerus.

Die Hoëvelder het onlangs met verskeie matriekleerders van Ligbron Akademie vir Tegnologie gesels oor hoe die inperking hul laaste jaar van skool beïnvloed.

Daar heers ’n gemengde gevoel oor die inperking onder leerders.

Meeste van hul is frusteerd om gedurende die belangrikste skooljaar van hul lewens by die huis te wees, maar met die hulp van Ligbron se aanlynklasse, voel die leerders egter meer gerus.

Jané Bosman, leerder van Libron het gesê: “Ek mis my vriende en kon nie deel wees van hul 18de verjaardae nie, en die hele ervaring laat my onseker en angstig voel.”

Sy het bygevoeg dat dit wat sy in die nuus hoor en sien vir haar baie ontstellend is.

Hardu Prinsloo hou kop gedurende die koronavirus inperking.

Die leerders se dae is met aanlynklasse, stokperdjies, familietyd en voorbereiding vir die matriekeksamen wat voorlê, gevul.

Op die vraag oor wat hulle gevoel is rondom die matriekeksamen wat voorlê, het die leerders geantwoord:

Hardu Prinsloo: “Ek is baie op my gemak oor die matriekeksamen wat voorlê, en Ligbron gee ons werklik die beste kans om ons doelwtte vir die eksamen te bereik.”

Megan Jones het gesê: “Ek is bang maar wel positief, die aanlynklasse help baie met die voorbereiding.”

Hannah Peer het gesê: “Ek is senuweagtig, maar ek het vertroue dat God asook my onderwysers en my toewyding en hardewerk, my vir dit wat voorlê sal, voorberei.”

Lelanie Davel het geantwoord: “Ek is nogal benoud en onseker, maar ek weet dat ek die enigste een is wat my toekoms kan bepaal en deur my akademie op datum te hou en my vertroue in God te stel, weet ek dat ek die matriekeksamen kan aanpak.”

Hoewel meeste van die leerders onseker is oor wat die inperking nog gaan inhou, voel hulle dat Ligbron se onderwysers die ekstra myl stap om hulle voor te berei op die matriekeksamen.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button