Local newsNews
AfriForum-takke in Mpumalanga help gemeenskappe tydens pandemie
Die takke – Bethal, Delmas, Ermelo, Leandra, Lydenburg, Machadodorp, Middelburg, Nelspruit, Piet Retief, Secunda, Standerton, Witbank en Witrivier, het altesaam meer as R150 000 se voedsel, handreiniger en maskers versprei.
AfriForum se takke in Mpumalanga het die afgelope maand meer as 30 ton voedsel aan behoeftige gesinne uitgedeel.
Die aksie is in samewerking met Solidariteit Helpende Hand, Saai en verskeie ander organisasies aangepak om gemeenskappe tydens die staat van inperking te ondersteun.
Groot nood het in gemeenskappe ontstaan nadat sommige mense nie tydens die inperking salarisse ontvang het nie of selfs hul werk verloor het omdat ondernemings hul deure moes sluit.
’n Taakspan wat uit AfriForum, Saai en Solidariteit Helpende Hand bestaan, is op die been gebring om die verspreiding van voedsel na gemeenskappe op ’n georganiseerde wyse te bestuur.
Die takke – Bethal, Delmas, Ermelo, Leandra, Lydenburg, Machadodorp, Middelburg, Nelspruit, Piet Retief, Secunda, Standerton, Witbank en Witrivier, het altesaam meer as R150 000 se voedsel, handreiniger en maskers versprei.
Hierdie projekte is gefinansier vanuit skenkings, takfondse en die taknoodfonds wat tydens die inperking op die been gebring is.
“Dit is wonderlik om te sien dat gemeenskappe saamstaan en mekaar in dié moeilike tyd ondersteun,” het mnr. Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Laeveld, gesê.
Lees die volledige berig in die Hoëvelder.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



