Local newsNews

Mayrigh Snyman van Ermelo verstaan die kuns van koekbak

Mayrigh Snyman (15) se gunstelingtydverdryf om koeke te bak en te versier het bykans oornag sy passie geword. Mayrich het sowat drie jaar gelede sy eerste koek gebak. Dié koek, wat juis sy passie aangewakker het, was vir sy pa se 50ste verjaardag. Sy ma, me. Cha-may Snyman, het vertel dat haar senuwee

ERMELO – Mayrigh Snyman (15) se gunstelingtydverdryf om koeke te bak en te versier het bykans oornag sy passie geword.

Mayrigh het sowat drie jaar gelede sy eerste koek gebak.

Dié koek, wat juis sy passie aangewakker het, was vir sy pa se 50ste verjaardag.

Sy ma, me. Cha-may Snyman, het vertel dat haar senuwee gedaan was, maar dat haar seun almal verras het met ’n pragtige koek.

Sedertdien het hy begin om koeke te bak vir sy geliefdes se verjaardae in plaas daarvan om vir hulle geskenke te koop.

“Ek het myself geleer,” het hy vertel.

Vandag kan hy koeke pragtig versier met die botterversiersel asook met fondant.

Me. Snyman het haar seun se kunswerke op haar Facebook-bladsy begin deel, en voor hy sy oë kon uitvee, het die bestellings ingestroom.

Mayrigh het vir homself ’n klein bakkery by sy huis geskep waar hy vroegoggend al koeke bak en versier.

Elke koek word met liefde gebak en versier, en elkeen word eers afgeneem voordat dit by sy klante afgelewer word.

Lees die volledige berig in die Hoëvelder.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button