NewsSchools

EHS-Musiekblyspel betower gehoor

Dié produksie is aangebied onder die leiding van die musiekdepartement; me. Theunie Heinz en mnr. Bernard Jacobsz was die regisseurs.

ERMELO – Nog nooit het Hoërskool Ermelo ’n musiekblyspel met soveel uitdagings as The Girl in the Pink Pyjamas aangebied nie.

Met Covid-19 wat byna veroorsaak het dat dié produksie nie kon plaasvind nie, was almal verlig toe die week van 11 tot 16 Oktober uiteindelik aangebreek het en die produksie aangebied kon word.

Dié produksie is aangebied onder die leiding van die musiekdepartement; me. Theunie Heinz en mnr. Bernard Jacobsz was die regisseurs.

Volgens mnr. Pieter Grobler, die skoolhoof, was hierdie produksie wêreldklas.

Mnr. Dirkie van Staden was die ghitaarspeler, me. Lizanne Dippenaar die vioolspeler, mnr. Phila Dladla was die vokale afrigter en tromspeler, mnr. Andrew Roos het hom uitstekend van sy taak met die klank gekwyt en ook mnr. Johan Ferreira met die beligting.

Hulle glo vas dat die EHS-leerders se uithouvermoë en vasberadenheid die wa deur die drif getrek het, en van die produksie ’n groot sukses gemaak het.

Die gehore is elke aand opnuut betower deur leerders met ’n passie vir die musiekblyspel.

“EHS is dankbaar teenoor ons Hemelse Vader vir Sy leiding en genade en die sukses wat The Girl in the Pink Pyjamas was,” het mnr. Grobler afgesluit.

Related Articles

Back to top button