ERMELO – Hoërskool Ermelo (EHS) het op 25 Oktober die jaarlikse gr.12-Lourierfunksie op ’n spoggerige wyse gehou.
Mnr. Pieter Grobler, EHS se skoolhoof, het elke leerder wat ’n prys ontvang het gelukgewens en ook bedank vir vyf jaar se harde werk op die sportveld, akademiese gebied en in die kultuur-afdeling.
Die Top Tien vir 2021 se gr.12-groep is; Leandri Viviers, Michaela van Rensburg, Lana Herholdt, Anke de Kock, Eunika Snyman, Margha Greyling, Lethu Dlamini, Jolindi Annandale, GJ Swanepoel en Mpumelelo Malaza.
Zimri Büchling en Elzhan Roets het die Melrow Apteek-boekpryse vir kameraderie ontvang.
Richard Cloete en Thandiwe Nhlabathi het die Mix and Match-boekprys vir solidariteit ontvang.
Arend Fourie en Anke de Kock is die ABK van Zijl-boekpryse vir ware heer en dame in gr.12, asook die Bok Martins-boekpryse vir leierskap toegeken.
Jolindi Annandale, Zimri Büchling, Anke de Kock, Lethu Dlamini, Ruan du Toit, Arend Fourie, Margha Greyling, Lana Herholdt, Hendrik Louwrens, Sanele Mahlangu, Thandiwe Nhlabathi, U-lene Nortje, Morné Olivier en Michaela van Rensburg het elkeen ’n EHS-merietemedalje, geborg deur TKW, ontvang.
Die boekpryse vir beste tweetaligheid is aan Leandri Viviers (Afrikaans Huistaal en Engels Eerste Addisionele Taal) en Eunika Snyman (Engels Huistaal en Afrikaans Eerste Addisionele Taal) toegeken.
GJ Swanepoel en Lana Herholdt het die NJ Robberts-boekpryse vir beste sport en akademie in gr.12 ontvang.
Die Roelien Groenewald-motiveringstrofee vir die tweede beste presteerder in gr.12 is vanjaar aan Michaela van Rensburg oorhandig.
Eunika Snyman het die Hoëvelder-prys vir die beste opstel in Engels Huistaal ontvang.
Leandri Viviers het die Sybrand Harris-kontantprys vir die hoogste prestasie van gr.8 tot gr.12 ontvang en is ook aangewys as die Dux-leerder vir 2021.
Hiervoor ontvang sy ’n kontantbedrag, silwer skinkbord en die Fairbairn-medalje, geborg deur TWK.
“Dankie aan TWK wat as hoofborg opgetree het, asook elke ander borg wat ’n bydrae gelewer het om van die prysuitdeling ’n sukses te maak,” het mnr. Grobler afgesluit.




