Kind noodgedwonge na privaathospitaal oorgeplaas na hulp by Ermelo Provinsiaal beweerdelik geweier word
Klein Lize-Mari moet op 5 November weer ’n prosedure ondergaan om te kyk of die infeksie telling af is.
ERMELO – Lize-Mari Strydom is op 28 Oktober na Ermelo MediClinic oorgeplaas, sy het onlangs onverklaarbaar siek geword waarna haar toestand vererger het.
Sy is eers in Ermelo Provinsiale Hospitaal opgeneem, maar nadat die gesin na bewering geen hulp van die dokter ontvang het nie, het hul besluit om hul dogtertjie na die privaat hospitaal oor te plaas.
Die Hoëvelder het ’n afspraak met die hospitaal se hoof uitvoerende beampte, mnr. Jantjie Aphane, gemaak om vas te stel waarom hulp aan Lize-Mari beweerdelik geweier is.
Die afspraak is gemaak vir Dinsdag, 9 November, om die hospitaal die geleentheid te gun om hul kant van die saak te staaf.
Meer inligting hieroor sal in die Hoëvelder verskyn.



