Community galleriesGalleriesLocal newsNews

Van die klaskamer tot by die wenpaal was Johannes Scholly daar

Hy het reeds in sy skooldae 'n besonderse indruk by Ligbron gemaak; daar is in sy matriekjaar 'n wisseltrofee tot sy eer ingestel: die Johannes Scholly Verdienstelikheidstrofee.

ERMELO – Die gemeenskap is op 17 Januarie tot stilstand geruk deur die dood van die geliefde mnr. Johannes Scholly.

Hy was op 16 Januarie in ‘n motorongeluk ongeveer 10km buite Amersfoort en het ernstige veelvuldige beserings opgedoen.

Mnr. Scholly is in die intensiewesorg-eenheid opgeneem. Sy toestand het vererger en hy is later oorlede.

Hy is op 6 Julie 1992 in Germiston gebore en het sy laerskoolloopbaan by Laerskool Standerton voltooi, waarna hy by Ligbron Akademie vir Tegnologie sy skoolloopbaan voltooi het.

Hy het reeds in sy skooldae ‘n besonderse indruk by Ligbron gemaak; daar is in sy matriekjaar ‘n wisseltrofee tot sy eer ingestel: die Johannes Scholly Verdienstelikheidstrofee.

Dié word steeds jaarliks by die prysuitdeling aan ‘n leerder wat werklik die Liggie-waardes uitleef, soos hulpvaardigheid, diensbaarheid en getrouheid, oorhandig.

Mnr. Johannes Scholly en sy vrou, me. Angelique. (Foto: JennyP)

Ná skool het hy elektriese ingenieurswese by die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom begin studeer, maar het besef dat sy passie by onderwys lê, waarna hy dit in 2012 begin studeer het.

Tydens sy tyd op universiteit het mnr. Scholly tafeltennis begin speel en ook later provinsiale kleure vir Noordwes daarin ontvang.

Volgens sy vrou, me. Angelique, was dit altyd vir hom ‘n eer om deel van Ligbron te wees.

Hy was sedert 2016 ‘n geliefde onderwyser en geestelike leier daar. Hy het IGO aangebied en hokkie, atletiek en landloop afgerig.

Hy was ook by e-sport betrokke, het die klank vir die skool behartig, die skoolbus bestuur en in die onderwyserorkes kitaar gespeel.

Sy vrou het hom as ‘n hardwerkende man beskryf wat baie pligsgetrou en lojaal was.

“Om die ekstra myl te stap was nooit vir hom moeite nie. Hy het iets vinnig op YouTube gaan soek as hy nie geweet het hoe om dit te doen nie,” het me. Scholly gesê.

Hy was altyd gereed met ‘n grap en het sy sin vir humor gebruik om enige situasie te verlig.

Een van die hoogtepunte van sy lewe was verseker die geboorte van sy pragtige dogtertjie, Isabella (nou 1).

Lees die volledige berig in die Hoëvelder.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button