NewsSchools

Errie vereer as een van die top-studente in Mpumalanga

Sy is by Hoërskool Ermelo se akademiese prysuitdeling as DUX-leerder vir 2021 aangewys en het ’n kontantprys van ’n anonieme skenker wat jaarliks die graad 12-leerder wat die beste vaar in Wiskunde en Fisiese Wetenskappe in hul NSS-eksamen borg, ontvang.

ERMELO – Hoërskool Ermelo se toppresteerdeer vir 2021, Leandri Viviers, is onlangs by die jaarlikse Mpumalanga Departement van Onderwys se prysuitdeling as een van die top 10 studente in die provinsie vereer.

Leandri spog met ’n gemiddeld van 93.8% en agt onderskeidings.

Sy het 99% vir toerisme, 95% vir rekeningkunde, 95% vir fisiese wetenskappe, 94% vir wiskunde, 93% vir Engels eerste addisionele taal, 93% vir lewenswetenskappe, 92% vir lewensoriëntering en 88% vir Afrikaans huistaal behaal.

Leandri Viviers is onlangs by die jaarlikse Mpumalanga Departement van Onderwys se prysuitdeling as een van die top 10 studente in die provinsie vereer. (Foto: Verskaf)

Leandri is ook as die beste student in Engels eerste addisionele taal aangewys.

Sy is by Hoërskool Ermelo se akademiese prysuitdeling as duxleerder vir 2021 aangewys en het ’n kontantprys van ’n anonieme skenker wat jaarliks die gr. 12-leerder wat die beste vaar in wiskunde en fisiese wetenskappe in hul NSS-eksamen borg, ontvang.

Leandri gaan in 2022 aktuariële wetenskap aan die Noord-Wes Universiteit in Potchefstroom studeer.

“Baie geluk, Leandri. Hoërskool Ermelo is voorwaar trots op jou,” het mnr. Pieter Grobler, die skoolhoof, gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button