ERMELO – Hoërskool Ermelo het verskeie toekennings tydens die Gert Sibande-distriksprysuitdeling en die Msukaligwa-streeksprysuitdeling vir die gr. 12-uitslae van 2021 ingepalm.
Die skool, personeel en EHS se topkandidaat vir 2021, Leandri Viviers, is vereer vir hul harde werk en deursettingsvermoë deur die skooljaar.
By die Gert Sibande-prysuitdeling het die skool ’n toekenning ontvang vir uitstaande akademiese vertoning, en Leandri Viviers drie toekennings vir beste leerder in toerisme en Engels eerste addisionele taal, en is ‘n top 10-leerder in die provinsie.
EHS is tydens die Msukaligwa-prysuitdeling as een van die beste drie skole met die meeste baccalaureustoelatings in die streek aangewys.
Die volgende onderwysers het ’n 100%-slaagsyfer in hul onderskeie vakgebiede ontvang:
• Me. Gerda van Zyl: Afrikaans huistaal
• Me. Diana Loots: Afrikaans eerste addisionele taal
• Me. Erna Schoeman: Engels huistaal
• Me. Lynelle Grobler: English first additional language
• Me. Marita Moolman: ekonomie
• Me. Elana Fourie: wiskundige geletterdheid, toersime
• Me. Cea du Plooy: lewensoriëntering
• Me. Carin van der Merwe: visuele kuns
• Me. Elsa Matthee: gasvryheidstudies
• Mnr. Faans van der Merwe: landbouwetenskap, landboubestuur
Me. Fourie het ook die prys vir die beste wiskundegeletterdheidsonderwyser in die streek ontvang.



