ERMELO – Ligbron Akademie vir Tegnologie is onlangs tydens die Msukaligwa 1-prysuitdeling as die beste skool in die kring, asook die beste skool in wiskunde en wetenskap, aangewys.
Altesaam 25 onderwysers het sertifikate vir ‘n 100%-slaagsyfer in hul onderskeie vakke ontvang.
Die onderwysers is mnr. Jan Bosman (meganiese tegnologie), mnr. Andrew Els (siviele tegnologie), mnr. Jacques Snyman (elektriese tegnologie), mnr. Christiaan van Greunen (elektronika), mnr. Gerhard Ebersohn (motor), me. Rosaan Kapp (wiskunde geletterdheid), me. Lenerie Cilliers (lewenswetenskappe), me. Erika Brand (aardrykskunde), me. Frankie Nell (tegniese wiskunde), me. Marelize Delport en me. Lizmari van Eeden (tegniese wetenskap), mnr. Pierre van Wyngaard (rekenaartoepassingstegnologie), mnr. Gerhard Prinsloo (inligtingstegnologie), mnr. Leon de Jager (lewensoriëntering), me. Magdeli Bosman (wetenskap), me. Rousille Coetzee, me. Elsa van Zyl en me. Lenie van Zyl (wiskunde), me. Elmarie Grobler (Afrikaans eerste addisionele taal), me. Andrea Jansen van Rensburg (Afrikaans huistaal), me. Mari Bosman (Engels eerste addisionele taal), me. Magda Smit en me. Caroline de Wet (Engels huistaal), me. Elsa van der Schyff (rekeningkunde) en me. Carinche Pretorius (toerisme).




