Local newsNews

Meisies van Ermelo baat reeds 11 jaar uit Annebel-projek

Die pakkies bestaan uit lyfroom, tandepasta, sanitêre doekies, deodorantmiddels, sjampoe en badseep, en beloop sowat R150 per maand.

ERMELO – Annebel Ermelo het op 12 Maart sy 11de bestaansjaar gevier.

Me. Saretha Ferns, aan die stuur van dié organisasie, sê dat daar sedert 2011 meer as 5 500 pakkies aan behoeftige meisies uitgedeel is.

“Ek het nooit besef dat God so ‘n groot plan vir Annebel Ermelo gehad het nie,” sê sy.

In die tak is daar twee meisies wat al nege jaar lank elke maand ‘n pakkie ontvang, vyf wat al agt jaar deel van die projek is, en ook een wat voorheen deel van Annebel was, wat na skool haar eie omgee-organisasie op die been gebring het.

Daar is tans 45 meisies wat elke maand ‘n pakkie met nodige toiletware ontvang.

Die pakkies bestaan uit lyfroom, tandepasta, sanitêre doekies, deodorantmiddels, sjampoe en badseep, en beloop sowat R150 per maand.

Me. Ferns sê dat hulle weer besig is om badhanddoeke vir die 45 meisies in te samel, en benodig die gemeenskap se hulp hiermee.

Vir meer inligting oor Annebel Ermelo, kontak me. Ferns by 082 302 5335.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button