
ERMELO – Onwettige storting is aan die toeneem.
Enigiets van huishoudelike gemors, tuinafval en bourommel word goedsmoeds in al wat ’n oop veld is, gestort.
Sakgrouers en beeste wat gereeld vullissakke oopskeur wat daartoe lei dat rommel die wêreld vol verstrooid lê, help ook nie.
Hoewel onooglik en onhigiënies, is dié onwettige storting nie ’n nuwe brandpunt nie, maar vind dit toenemend plaas.
Hoëvelder het al oor die jare verskeie artikels gepubliseer waarin raadslede, inwoners en sakelui hul kommer oor die kwessie uitspreek.
Tog blyk dit of dit lede van die publiek is wat hulself hieraan skuldig maak.
Lees meer hieroor en wat inwoners kan doen om die saak te beredder in die Hoëvelder.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.