Ermelo-vroue praat oor hul uitdagings met veelvuldige sklerose (MS)
Veelvuldige sklerose is 'n siekte wat die senuwees in jou brein en rugmurg aantas deur die miëlien rondom die senuweeselle te beskadig.
ERMELO – Hoëvelder het vandeesweek by twee vroue gaan inloer wat hul uitdagings met veelvuldige sklerose (MS) meegedeel het.
Met die intrapslag aan huis van me. Chantal Boonstra, is die realiteit van MS maar vaag, omdat sy en me. Veronica Wahlstrand nie enigsins siek lyk nie.
Me. Wahlstrand sê dat dit grotendeels die rede is hoekom ander nie verstaan hoe MS ‘n mens se lewe verander nie.
Veelvuldige sklerose is ‘n siekte wat die senuwees in jou brein en rugmurg aantas deur die miëlien rondom die senuweeselle te beskadig.
Volgens me. Boonstra is die oorsaak van MS nog nie geïdentifiseer nie, maar medikasie is beskikbaar om die simptome te help verlig en die vordering van die siekte te vertraag.
Me. Boonstra is sowat 18 jaar gelede, kort na die geboorte van haar jongste dogter, met MS gediagnoseer, en me. Wahlstrand is in Julie van 2018 gediagnoseer.
Op die vraag oor wat ‘n tipiese dag in die lewe van iemand met MS behels, was albei dit eens dat elke dag onvoorspelbaar is.
“Nie een dag is dieselfde nie, en nie een persoon ervaar die simptome dieselfde nie,” het me. Wahlstrand gesê.
Haar simptome het het met bruin vlekke in haar sig begin, terwyl me. Boonstra meer gereeld ‘n prikkelsensasie in haar hande en voete begin ervaar het.
Lees meer hieroor in die volgende Hoëvelder.



