Crime

Man gevonnis vir moord op Ermelo inwoners

Die dorp het op 18 Februarie 2023 met afgryse van die nuus van die moord op twee bekende inwoners, James en Roopsai, verneem.

ERMELO – Die verdagte van die moord op Robert Arthur James en Bangon Roopsai, Vincent Madonsela, is op 23 Januarie skuldig bevind en tot drie lewenslange termyne en ’n bykomende 38 jaar gevangenisstraf gevonnis.

Die beskuldigde het skuld beken op die misdade en is daarna skuldig bevind aan huisbraak met die opset om ‘n misdaad te pleeg, twee aanklagte van moord, verkragting, twee aanklagte van poging tot moord, roof met verswarende omstandighede, bestuur van ‘n motorvoertuig sonder ‘n geldige rybewys en roekelose bestuur.

Robert Arthur James en Bangon Roopsai. Foto | Verskaf

Die dorp het op 18 Februarie 2023 met afgryse van die nuus van die moord op twee bekende inwoners, James en Roopsai, verneem.

Die polisie is na die toneel in Sluiterstraat ontbied.

Hulle het die twee slagoffers dood op die toneel aangetref, asook James se beseerde seun, Eugene, en sy vriendin. Die gesin is met ’n byl aangeval.

Lees die volledige berig in Hoëvelder

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button