Crime

AfriForum wil veediefstal in Mpumalanga hokslaan

AfriForum gaan opleiding aan sy Mpumalanga-veiligheidstrukture aanbied om met die stryd teen veediefstal te help.

AfriForum se plaas- en buurtwagte sal binnekort ’n beduidende rol kan speel in die geveg teen veediefstal, veral in Mpumalanga waar dié misdryf hoogty vier.

Die organisasie gaan opleiding aan sy Mpumalanga-veiligheidstrukture aanbied om met die stryd teen veediefstal te help.

Hierdie opleiding sal plaas- en buurtwagte in staat stel om veediefstal, veral gesteelde vee wat vervoer word, te identifiseer.

AfriForum het op 20 Januarie ’n brief aan die provinsiale bevelvoerder vir die Mpumalanga-veediefstaleenheid gestuur om boere se klagtes oor die SAPD se veediefstaleenhede in die provinsie, onder sy aandag te bring.

Die oorsaak vir die swak optrede van die Mpumalanga-veediefstaleenhede is volgens AfriForum, hoofsaaklik weens ’n tekort aan hulpbronne.

Elke veediefstaleenheid bedien glo meer as een polisiewyk vanaf ’n enkele dorp en het dus groot gebiede waarna hulle moet omsien.

Daar is nie genoeg lede om al die werk te doen nie én daar is ’n tekort aan voertuie. Boonop sê AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoëveld, Hennie Bekker, moet lede ook hofsake bywoon wat die druk net vererger weens die personeel- en voertuigtekorte.

Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoëveld. Foto | Argief/Wayne van der Walt

Hoëvelder het navrae aan brig. Donald Mdhluli, ’n provinsiale polisie woordvoerder, rakende AfriForum se verklarings oor die tekortkominge van die Mpumalanga-veediefstaleenhede en die bewerings van onvoldoende hulpbronne en toerusting gerig.

Mdhluli het aangedui dat daar ’n streng fokus op veediefstalbekamping is, en het verwys na die waarnemende provinsiale polisiekommissaris, gen.maj. dr. Zeph Mkhwanazi, wat onlangs die media toegespreek het en self suksesvolle operasies in Desember en Januarie bygewoon het om die probleem te bekamp.

Mdhluli het verduidelik dat Mkhwanazi in ’n onderhoud met die SABC spesifiek oor die personeel- en voertuigtekorte gesels het en dat dit is waar AfriForum waarskynlik hul gevolgtrekkings gemaak het.

“In sy toespraak het Mkhwanazi ook sy kommer uitgespreek oor diere wat nie gebrandmerk word nie, wat addisionele uitdagings vir die polisie meebring.”

Mdhluli het beklemtoon dat hierdie onlangse suksesse nie beskou word as eenmalige operasies nie, maar as deel van ’n deurlopende verantwoordelikheid van die veediefstaleenhede, wat in samewerking met vee-eienaars en boere uitgevoer word.

Lees die volledige berig in Hoëvelder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt has 15 years of experience in the media industry, having worked as a journalist, senior journalist, former editor of the Standerton Advertiser and Ibis, and currently as editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin, Caxton, and FCJ awards, among others.

Related Articles

Back to top button