Valse verhuurder in Ermelo eis deposito’s en verdwyn
’n Valse verhuurder het ’n Ermelo-man se identiteit gebruik om voornemende huurders met valse huuraanbiedings te kul.
ERMELO – Retief van der Walt, ‘n plaaslike inwoner, het ‘n ernstige waarskuwing aan voornemende huurders op die dorp uitgereik nadat hy daarvan bewus gemaak is dat iemand sy naam gebruik het om die afgelope paar weke verskeie persone met verhurings te bedrieg.
Van der Walt het gesê die bedrogspul het aan die lig gekom nadat ‘n vrou, wat ‘n deposito vir ‘n woonstel wat sy aanlyn gevind het betaal het, haar werkgewer genader het om navraag oor ‘n sekere ‘Retief’ te doen, aangesien sy hom nie meer in die hande kon kry nie.
Haar werkgewer, verbaas oor die situasie en oortuig dat die Retief wat hy ken nie so iets sou doen nie, het sy nommer aan haar verskaf en haar aangeraai om hom te bel.
Die werklike Retief is toe ingelig dat iemand sy naam misbruik om persone wat ‘n woonstel wil huur te mislei.
Die modus operandi van die swendelaar is blykbaar om mense wat op Facebook hulle behoefte aan verblyf adverteer, te kontak.
Lees die volledige berig in Hoëvelder.



