Crime

SAPD vind 14 gesteelde skape op plaas naby Warburton

Boere maan vir strengere sekuriteit nádat Chrissiesmeer-polisie gesteelde skape naby Warburton terugvind. Verdaktes steeds op vrye voet.

CHRISSIESMEER – Chrissiesmeer polisie het 14 gesteelde skape ter waarde van sowat R35 000 teruggevind wat op 19 Julie van ’n plaas in die omgewing gesteel is.

Hoewel die vee aan die eienaar terugbesorg is, is die verdagtes wat verantwoordelik is vir die diefstal steeds op vrye voet.

Volgens die boer het hy tydens sy oggendroetine in die kamp opgemerk dat van die skape weg is.

Ná ’n vinnige telling het hy besef 14 skape is vermis en het hy dadelik die polisie gekontak.

Die polisie het 14 gesteelde skape teruggevind.
Foto | Verskaf/DCSSL

Reaksiebeamptes het ’n oopgesnyde draad op die plaas aangetref, wat dui op ’n geforseerde toegang.

Die ondersoek het die polisie na ’n gebied naby Warburton gelei, sowat 25 km van die plaas af, waar hulle die 14 skape vasgebind aangetref het.

Lees die volledige berig in vandeesweek se Hoëvelder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

René Joubert

René Joubert is a journalist with eight years of experience covering stories in the Ermelo community. Passionate about sharing people's stories, she reports on everything from sport and crime to municipal affairs and human-interest stories.

Related Articles

Back to top button