Crime
Mesaanval by taverne eis jong Ermelo-man se lewe
Van sy familielede het hom na die Ermelo Provinsiale Hospitaal vir mediese hulp gehaas, maar met sy aankoms is hy dood verklaar.

ERMELO – ’n 27-jarige man is op 28 September, om en by 02:30, noodlottig beseer toe hy by ’n taverne in Nyibe verskeie kere met ’n mes gesteek is.
Volgens kapt. Carla Prinsloo, die woordvoerder vir die Ermelo-polisie, het die man wonde aan sy kop en hande opgedoen.
Van sy familielede het hom na die Ermelo Provinsiale Hospitaal vir mediese hulp gehaas, maar met sy aankoms is hy dood verklaar.
Prinsloo het bevestig dat een verdagte kort ná die voorval in verband met die moord gearresteer is.
Die motief vir die aanval is nog onbekend en die polisie ondersoek tans die omstandighede rondom die steekvoorval.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



