Crime

Twee in hegtenis ná jaagtog van Bethal tot Ermelo

’n Gesteelde Toyota Quantum is opgespoor en in Ermelo afgetrek ná ’n vinnige reaksie van privaatsekuriteit.

ERMELO – ’n Gesteelde voertuig is Maandag, 19 Januarie, naby Bethal opgemerk en deur Stratcon Sekuriteitsdienste agternagesit.

Die voertuig, ’n wit Toyota Quantum, is na bewering in Tembisa gesteel, volgens Oubaas de Jager van ACSU Veiligheidsdienste.

Volgens De Jager het Stratcon hulp van ander veiligheidsgroeppe ingeroep.

Voorkant van die Toyota Quantum met ’n SAPS-beampte by die voertuig in Ermelo
SAPS-beamptes by die gesteelde Toyota Quantum wat in Ermelo afgetrek is. Foto: Verksaf/Oubaas de Jager

Die voertuig is suksesvol deur ACSU opgespoor en aan Ermelo SAPS oorhandig, en twee verdagtes is in hegtenis geneem.

“Baie goeie werk manne,” het De Jager gesê, ter erkenning van die vinnige en effektiewe samewerking tussen privaat sekuriteit en die polisie.

“Die voorval beklemtoon hoe samewerking tussen privaat sekuriteitsdienste en wetstoepassingsowerhede voertuigdiefstalle vinnig kan oplos.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button