Crime

ACSU en Ermelo Polisie arresteer rooftogverdagte

Lede van ACSU, tesame met die Ermelo Polisie, het dadelik gereageer en die taxi suksesvol van die pad laat aftrek en deursoek.

ERMELO – In ‘n gesamentlike operasie is ‘n gewapende persoon op 16 Februarie op die N2 naby die Camden-kragstasie, gearresteer.

Dit volg nadat die Pongola-polisie inligting gedeel het oor ‘n verdagte wat betrokke was by ‘n ernstige gewapende rooftog.

Volgens die inligting was die man in die betrokke taxi en gewapen.

Die wapen wat in die verdagte se besit gevind is. Foto | Verskaf/Acsu

Lede van die plaaslike veiligheidsgroep ACSU, tesame met die Ermelo Polisie, het dadelik gereageer en die taxi suksesvol van die pad laat aftrek waarna die voertuig deursoek is.

Tydens die operasie is die verdagte positief geïdentifiseer en in hegtenis geneem.

Beamptes het ook beslag gelê op ‘n onwettige vuurwapen wat in sy besit was.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button