Crime

Sosiale media-video van Ermelo-polisielid lei tot interne ondersoek

’n Sosiale media-plasing van ’n Ermelo-polisielid het vrae laat ontstaan oor beweerde gevaarlike bestuur tydens diensverpligtinge.

ERMELO – Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het bevestig dat ’n interne ondersoek ingestel is nadat ’n sosialemedia-video onder hul aandag gebring is waarin ’n polisielid van Ermelo Polisiestasie glo teen 180 km/h bestuur.

Die video is glo deur die lid op ’n persoonlike Facebook-profiel gedeel as deel van plasings oor diensaktiwiteite tydens die onlangse langnaweek.

Volgens ’n inwoner het sy kommentaar op die plasing gelewer waarna sy geblok is.

Indien jy nie die video kan sien nie, kan jy dit ook op ons YouTube-kanaal kyk. Klik HIER

Die inwoner het later die afgelaaide video op haar eie sosiale-mediablad gedeel en SAPD-strukture daarin getag.

Kol. Mavela Masondo, provinsiale SAPD-woordvoerder, het ontvangs van Hoëvelder se navrae bevestig, maar nog nie kommentaar oor die inhoud van die video gelewer nie.

Hoëvelder sal sy reaksie in ’n opvolgberig publiseer sodra dit ontvang word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button