Crime

Standerton-polisielid oneervol ontslaan oor veediefstalaanklagte

AfriForum sê die ontslag van ’n Standerton-konstabel is ’n positiewe stap teen misdaad binne die polisie.

’n Lid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in Standerton wat teregstaan op aanklagte van die diefstal van vee ter waarde van nagenoeg R450 000, is vroeër vandeesweek oneervol uit die polisiediens ontslaan.

Konstabel Siyabonga Cindi van die Standerton-veediefstaleenheid is in Augustus 2025 gearresteer en het op 2 September dieselfde jaar die eerste keer in die hof verskyn.

Hy het weer in Maart vanjaar in die hof verskyn nadat hy met verdere voorvalle van veediefstal verbind is.

AfriForum het die ontslag verwelkom en dit as ’n positiewe stap beskryf in die stryd teen veediefstal binne die polisie.

Hennie Bekker, AfriForum se streekskoördineerder vir Mpumalanga Hoëveld, waarsku egter dat die omvang van die misdaad steeds ernstig is en dat onderrapportering ’n groot probleem bly.

Volgens SAPD-statistiek is 23 251 veediefstalsake gedurende die 2025/2026-boekjaar aangemeld, met die diefstal van duisende beeste, skape en bokke. Die landbousektor se verliese word op minstens R1 miljard geraam.

Lees meer oor die volledige statistiek, aanhalings en die impak op die landbousektor in die Hoëvelder se gedrukte uitgawe.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button