Crime

Gemeenskapsbuurtwag sê nee vir misdaad en gebrekkige dienslewering

AfriForum in Chrissiesmeer kombineer gemeenskapsveiligheid met volhoubare netheidsinisiatiewe in die dorp.

Chrissiesmeer se AfriForum-buurtwag het op 6 en 8 Junie op twee voorvalle gereageer, insluitend ’n geweldsvoorval by ’n plaaslike gastehuis en ’n kabeldiefstal in Meyer- en Campbellstraat.

Op 6 Junie is ’n persoon wat beweerdelik onder die invloed van drank was van ’n gastehuis se perseel verwyder nadat hy na bewering aggressief teenoor die eienaar opgetree het.

Die situasie het ontstaan ná ’n beweerde misverstand tydens ’n funksie, waarna die individu gewelddadig geraak het.

Die buurtwag het saam met die SAPD opgetree om die persoon van die perseel te begelei.

Op 8 Junie het die span weer gereageer op ’n kabeldiefstalvoorval waar ’n ou telefoonpaal afgesny is om toegang tot drade te kry.

Die verdagte het met die gesteelde kabel gevlug, terwyl die paal skade aan omliggende heinings veroorsaak het met die afkomslag.

Benewens veiligheidsreaksies is verskeie netheidsinisiatiewe ook voortgesit.

In Mei is meer as 10 hektaar gras gesny, en 87 sakke rommel verwyder as deel van ’n volhoubare asdromprojek wat reeds 453 sakke rommel vir 2026 opgelewer het.

Skoonheid en netheid bly volgens Millicent van den Heever, leier van AfriForum se Chrissiesmeer-buurtwag, ’n kernprioriteit, omdat toerisme ’n integrale rol in die dorp se ekonomie speel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button