Crime

WAARSKUWING: Grafiese beelde – Veediefstal-verdagtes in Ermelo vasgetrek

Drie verdagtes is op 5 Julie in hegtenis geneem nadat Highveld Security Services 11 gesteelde skaapkarkasse opgespoor het. Die SAPD en forensiese deskundiges ondersoek die saak nadat 'n beweerde slagplek ook ontdek is.

ERMELO – Highveld Security Services het op 5 Julie drie verdagtes vasgetrek nadat 11 gesteelde skaapkarkasse in hulle besit gevind is.

Volgens Deon van Zyl het die veiligheidsmaatskappy inligting ontvang oor gesteelde vee in die gebied.

Die span het die inligting opgevolg en omstreeks 15:00 ‘n verdagte voertuig voorgekeer.

In die voertuig het die span sewe skaapkarkasse aangetref.

Altesaam 11 skaapkarkasse is teruggevind. Foto | Verskaf/Highveld Security Services


Die ondersoek het daarna na ‘n beweerde slagplek gelei, waar nog vier karkasse ontdek is.

Die eienaar van die vee het die skape uitgeken.

Die SAPD het die ondersoek oorgeneem, terwyl forensiese deskundiges na die toneel ontbied is om monsters van die karkasse en die slagplek te neem.

Die monsters sal gebruik word om forensiese vergelykings te doen as deel van die ondersoek.

In die voertuig het die span sewe skaapkarkasse aangetref. Foto | Verskaf/Highveld Security Services

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button