Ermelo True Rescue rig tydelike hawe op – benodig hulp van gemeenskap
Megan het vertel dat 'n muur op een van die honde tydens 'n huisbrand geval het en dat die dier nog gereeld met pyn sukkel.
ERMELO – Die Ermelo True Rescue-dieregroep het onlangs ’n dringende beroep op die gemeenskap gedoen vir hulp om ’n permanente hawe vir diere op te rig.
Megan Schoeman, een van die stigters van Ermelo True Rescue, het vertel dat hulle ’n tydelike stuk grond gekry het waar hulle die diere wat in nood is, van die strate af kan kry en kan aanhou.
Hulle het egter hondehokke en ander boumateriaal nodig om die plek vir die diere in te rig.
Sy het by die tydelike hawe gewys dat hulle met draad ’n hok moes oprig om nuwe diere vir die eerste vier dae van die ander te skei.

“Dit gee die diere die kans om gewoond te raak aan hul nuwe tuiste, maar ons moet ook die diere eers vir vier dae adverteer om hulle eienaars te probeer opspoor voordat hulle vir aanneming beskikbaar is,” het Schoeman gesê.
Gedurende Hoëvelder se besoek aan die hawe het Schoeman van die planne vertel wat hulle nog het om die grond ten volle te benut en in te rig om vir elke rondloperdiere ’n tuiste te skep.
Indien enigiemand ’n bydrae wil maak, of as vrywilliger betrokke wil word, kan hulle Schoeman by 063 965 9660 skakel.
Lees die volledige berig in die Hoëvelder.



