Community galleriesLocal news

SAVF Fanie Lombard op Amsterdam hou heerlik karnaval

’n Koek wat deur Elmari Greyling van Something Decadent vir die veiling geskenk is, is vir 'n allemintige R12 000 verkoop.

AMSTERDAM – Die SAVF Fanie Lombard het onlangs ’n karnavalbasaar op die NG Kerk se terrein aangebied.

Die Fanie Lombard-Aftreeoord bied bekostigbare behuising aan bejaardes wat nog selfversorgend is en op die hulp en ondersteuning van die gemeenskap staatmaak, omdat hulle geen subsidie ontvang nie.

Volgens een van die organiseerders, Ilze du Toit, was die karnaval ’n spanpoging wat deur die diensbestuur, inwoners en gemeenskap gereël is.

’n Koek wat deur Elmari Greyling van Something Decadent vir die veiling geskenk is, is vir ‘n allemintige R12 000 verkoop.

Die organiseerders het al die borge vir dag, asook elke inwoner wat die karnaval ondersteun het, bedank.

Lees die volledige berig in die Hoëvelder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button