Local news

{OPVOLG} – Morgenzon Polisie bevestig ontsnapping van drie verdagtes

Die stasiebevelvoerder het onderneem om ’n persverklaring uit te reik en om inligting deur te gee sou daar verdere ontwikkelinge wees.

OPVOLG: 16 Februarie – 09:52

Volgens Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoëveld in Mpumalanga, het die drie verdagtes skynbaar om 04:00 vanoggend, 16 Februarie, uit aanhouding ontsnap.

Die mans is na bewering laas omstreeks 7:30 by die spoorweg in Morgenzon, Bethal-rigting, opgemerk in die veld.

Hoëvelder het intussen met die woordvoerder van Morgenzon polisie, Sers Paulos Nzimande, en stasiebevelvoerder kapt Ben Madonsela in verbinding getree, en hulle het die voorval bevestig.

Madonsela het onderneem om ’n persverklaring uit te reik en om Hoëvelder in te lig oor verdere verwikkelinge in die saak.

Drie gevangenes ontsnap na bewering uit polisie-aanhouding in Morgenzon

Drie gevangenes het vanoggend, 16 Februarie, na bewering vanuit polisie-aanhouding in Morgenzon ontsnap.

’n Sekere mnr. Gerhard Joubert, het ‘n stemnota op een van die veiligheidsgroepe op WhatsApp uitgestuur en het inwoners gemaan om waaksaam te wees en hul deure gesluit te hou.

Beskikbare inligting dui aan dat die mans na die spoorweg in die Bethal-rigting gevlug het.

Inwoners in daardie gebied word versoek om uiterste versigtigheid te handhaaf en enige verdagte aktiwiteit aan die polisie te meld.

Enige inwoner wat drie verdagte mans opmerk, word dringend versoek om onmiddellik die polisie in kennis te stel.

Hoëvelder het navrae gerig aan kaptein Carla Prinsloo, woordvoerder vir die Ermelo Polisie, en wag op terugvoer.

ACSU is ook vir kommentaar genader. Bester Maree het toegeken om navraag te doen en na die publikasie terug te keer met verdere inligting.

Inligting is op hierdie stadium vaag, en meer inligting sal volg soos dit ontvang word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button