Local news

VIDEO – Ermelo-boere deel persoonlike boodskappe aan Japie Celliers

Boere het Japie Celliers, met ’n erewag terug by die huis verwelkom, nadat hy bykans twee maande gelede in die hospitaal opgeneem is.

ERMELO – Emosionele tonele het op 3 September op die Amsterdampad afgespeel, toe ’n groep boere, Japie Celliers, na bykans twee maande weer tuis verwelkom.

Hy is op 11 Augustus, ernstig beseer tydens ‘n veldbrand in die Amsterdam-omgewing sowat 10km buite Ermelo.

Celliers is met ernstige brandwonde na die Milpark Hospitaal in Johannesburg oorgeplaas vir behandeling.

Boere het saam gebid en sing nadat Japie Celliers tuis arriveer het. Foto: Wayne van der Walt

Die boere het ’n erewag van sowat 100m gestaan, hul waterkarre aangeskakel en ’n boog water laat reën terwyl Celliers se voertuig deurgery het.

Celliers het egter aan die begin van die ry uitgeklim om elkeen persoonlik te groet.

SIEN OOK: Boer sterf ná hy hulp by veldbrand op Amsterdam verleen

“Die is die beste medisyne wat ’n man kan kry,” het hy met trane in sy oë laat hoor terwyl hy die boere begin groet het.

Lees die volledige berig in die Hoëvelder.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button