Local news

NG Kerk De Bruinpark hou basaar

Basaargunstelinge soos pannekoek, poeding, koeke, beskuit, koekies, kerrie-en-rys en worsbroodjies het verseker feesgangers ly nie honger nie

ERMELO – Die NG Kerk De Bruinpark het op 5 Oktober sy jaarlikse basaar aangebied en het hope pret aan die gemeenskap verskaf.

Die basaar het om 08:00 afgeskop en tot sowat 13:00 geduur.

Basaargunstelinge soos pannekoek, poeding, koeke, beskuit, koekies, kerrie-en-rys en worsbroodjies het verseker feesgangers ly nie honger nie.

Die Japsnoet-stalletjie het vir heerlike melkskommels en spookasem gesorg.

GALERY – Basaar-vreugde by NG Debruinpark

Buite op die kerkterrein het die kinders heerlik baljaar en speletjies gespeel.

‘n Spookhuis het vele asem-ophou-oomblikke en skaterlag verskaf.

Die kerk het almal wat die basaar bygewoon het vir hul ondersteuning bedank.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button