Eerste Pure Plaas Boerefees beplan vir Ermelo
Boonop sal die aand afgesluit word met ’n groot dans wat die perfekte kans bied om saam te skoffel terwyl die platejoggies DJ Bok en DJ Juandre die musiek verskaf.
ERMELO – Die inwoners kan uitsien na ’n onvergeetlike dag en aand op Hein se Plaas wanneer die eerste Pure Plaas Boerefees op 26 Oktober plaasvind.
Die hekke open omstreeks 10:00, en hierdie fees bied ’n wye verskeidenheid vermaak en aktiwiteite aan wat die hele gesin kan geniet.
Daar sal stalletjies, boeresport, perderitte en selfs ’n treintjie wees, terwyl daar ook speelplekke en ’n swembad beskikbaar sal wees om die jongspan besig te hou.
Vir die musiekliefhebbers is daar opwindende optredes deur verskeie kunstenaars wat beloof om die skare met hul talentvolle vertonings te trakteer.
Groot pryse sal ook beskikbaar wees, wat beslis tot die opwinding bydra.
Boonop sal die aand afgesluit word met ’n groot dans wat die perfekte kans bied om saam te skoffel terwyl die platejoggies DJ Bok en DJ Juandre die musiek verskaf.
Die kroeg sal slegs kontanttransaksies aanvaar, so besoekers word aangeraai om vooraf te beplan.
Met gratis toegang tot die fees sal dit ’n wonderlike dag vir Ermelo se gemeenskap wees om saam te kuier en die plaaslewe te geniet.



