Local news

Ermelo-gesinsman laat groot leemte agter

Volgens Antonie Swanepoel, 'n oudkollega, was Groenewald praktiese kennis van motorwerktuigkunde ongeëwenaard.

ERMELO – Koos Groenewald (83) is op 18 Oktober aan hartversaking oorlede.

Hy in 1941 in Oudtshoorn gebore en het in Bloemfontein skoolgegaan.

Ná skool het hy sy vakleerlingskap as motorwerktuigkundige in Bloemfontein voltooi en by Human Motors in die stad gewerk. Hy het later na Bethulie verhuis, waar hy sy vrou, Tok, ontmoet het.

Hulle is getroud en vier seuns is uit die huwelik gebore.

In 1974 het hy en sy gesin na Sannieshof verhuis waar hy begin skoolhou het. Hy het in 1978 vir openbare werke se inspektoraat (meganies) in Bloemfontein begin werk.

Koos Groenewald. Foto | Verskaf/Lenie Groenewald

Groenewald het in 1981 besluit dat onderwys sy roeping was en Ermelo toe getrek waar hy as onderwyser by Ligbron Akademie vir Tegnologie aangesluit het.

Hy het vir baie jare basiese handwerk vir die gr. 8-leerders gegee.

Volgens Antonie Swanepoel, ‘n oudkollega, was Groenewald praktiese kennis van motorwerktuigkunde ongeëwenaard en het hy later ook motorwerktuigkunde as vak aangebied.

Hy was ook die kadetorkes en die boereorkes se afrigter.

Swanepoel sê Groenewald was baie talentvol en daar was min instrumente wat hy nie kon speel nie.

“Koos het altyd die personeel met een of ander musiekinstrument tydens funksies vermaak. Hy het ook rugby en atletiek met groot sukses afgerig,” het hy gesê.

Lees die volledige berig in Hoëvelder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button