Mediese kostes styg vir Ermelo-seun na serebrale gestremdheid-diagnose
Weens dié gestremdheid is Johanco se regterarm en regterbeen korter as die linkerkant, wat sekere funksies soos loop bemoeilik
ERMELO – Johanco Jacobs is onlangs met spastiese hemiplegiese serebrale gestremdheid gediagnoseer, en sy ouers het massiewe mediese rekeninge wat op hulle wag.
Dié gestremdheid is ook die oorsaak dat Johanco se regterarm en regterbeen korter is as die linkerkant s’n, wat sommige funksies soos loop moeilik maak.
Sy ouers het ook opgelet dat sy regterarmspiere baie swak is.
Johanco moet gereeld vir fisio gaan en dan ook stutte of spesiale sole vir sy skoene kry om te voorkom dat hy nie heupprobleme ontwikkel nie.
Indien enigiemand ’n skenking wil maak, kan die volgende rekening gebruik word: Pieter Stoffberg Ingelyf; FNB Ermelo; takkode: 370344; trustrekening, rekeningnommer: 6209215326; verwysing – Joh54/1.
Lees die volledige berig in vandeesweek se Hoëvelder.