Weghol-vragmotor saai chaos op Ermelo
Die trok het glo agteruit gerol in Voortrekkerlaan, waar dit een voertuig getref het voor dit choas in die parkeerarea veroorsaak het.
ERMELO – ’n Nissan 2-ton trok het vroeër vandag, 20 November, beheer verloor en teen verskeie voertuie in Voortrekkerlaan en by die Engen-vulstasie gebots.
Volgens een van die ooggetuie, het die trok glo agteruit gerol in Voortrekkerlaan, waar dit een voertuig getref het voor dit met verskeie ander voertuie in die parkeerarea van die vulstasie gebots het.

Sien al die foto’s: HIER
Drie mense het ligte beserings tydens die ongeluk opgedoen.
Op die toneel is genoem dat die vragmotor se brieke blykbaar onklaar geraak het, maar dit kon nog nie bevestig word nie.

Verskeie nooddienste was op die toneel.
Hoëvelder het navrae aan kaptein Carla Prinsloo, woordvoerder van Ermelo polisie, gestuur en wag vir terugvoer.



