Local news

VIDEO – Hoof van Ligbron Akademie vir Tegnologie ‘in hegtenis geneem’

Hoëvelder het verneem van ’n betroubare bron dat die skoolhoof van Ligbron Akademie ook in hegtenis geneem is.

Dit lyk of dinge warm raak in Ermelo! Nadat Hoëvelder se redakteur Wayne van der Walt gister aangedui het dat ’n lasbrief vir sy inhegtenisname aan hom bedien is.

Hoëvelder het verneem van ’n betroubare bron dat die skoolhoof van Ligbron Akademie vir Tegnologie, Gerhard Brand, ook in hegtenis geneem is. Bloed is glo die losprys!

Oomblikke voor die inhegtenisname plaasvind. Foto: Verskaf

Die skoolhoof is “in hegtenis geneem” as deel van die Jail and Bail-bloedinsamelingsveldtog wat vandag, 22 November, plaasvind by die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens.

Met humor en ‘n goeie doel as die fokus, word Ermelo se inwoners aangespoor om bloed te kom skenk en lewens te red – of om onskuldige burgers van hulle “tronkselle” los te koop!

Ligbron Akademie vir Tegnologie se skoolhoof, Gerhard Brand word vasgetrek. Foto: Verskaf

Maak seker jy ondersteun die inisiatief. En onthou, elke druppel bloed maak ‘n verskil!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button