Ermelo-dokter hang stetoskoop na meer as 40 jaar op
Hy was onder andere vir jare Hoërskool Ermelo se eerstespandokter en vir vier jaar deel van die Pumas-rugbyspan se spandokters.
ERMELO – Dr. Johan van der Poel het op 21 November vir die laaste keer sy saalrondes gedoen en het nou, ná meer as vier dekades, besluit dis tyd op sy stetoskoop op te hang.
Met ‘n gepaste eerbetoning aan sy jare lange diens en toewyding is hy daardie dag met ‘n spesiale erewag deur Mediclinic se personeel en sommige ander dokters en mediese personeel gegroet.
Dié verrassing het Van der Poel skoon bewoë gehad.

“Baie dankie aan elkeen van julle vir die wonderlike tyd wat ek saam met julle kon werk. Dit was ‘n groot eer,” het hy gesê.
Hy het elkeen wat die oggend so spesiaal gemaak het bedank en gesê dis ‘n oomblik wat hy nooit sal vergeet nie.
Soos hy sy weg deur die erewag gebaan het, het die trane geloop en dit was duidelik dat hy ‘n groot impak op elkeen wat saam met hom gewerk het, gemaak het.
SIEN OOK: GALERY – Dr. Johan van der Poel se laaste saalrondtes by Mediclinic Ermelo
Van der Poel was ook vir 23 jaar Hoërskool Ermelo se eerstespanrugbydokter en was vir vier jaar deel van die Pumas-rugbyspan se spandokters.
Dit was vir hom ‘n hoogtepunt om in 2000 die Beeld-trofee te kon wen, en hy het ook in 1998 saam met die span na Australië getoer.
“Ek het die voorreg gehad om ‘n termyn op die plaaslike stadsraad te dien, en was ‘n termyn lank onderburgemeester,” het hy gesê.
Lees die volledige berig in vandeesweek se Hoëvelder wat Donderdag beskikbaar sal wees.



