Local news

TLU SA waarsku oor grondonteiening wat elke Suid-Afrikaner kan raak

Die TLU SA meen hierdie voorgestelde wet dreig alle vorme van eiendom en daarom is Projek 10 000 van stapel gestuur.

ERMELO – Suid-Afrika staan op ’n kritieke kruispad, en die stryd om eiendomsreg was nog nooit so dringend nie. Só sê Bennie van Zyl, die hoofbestuurder van die Transvaalse Landbou Unie Suid Afrika (TLU SA).

Volgens van Zyl, lê die voorgestelde onteieningswysigingswet, wat reeds deur beide die Parlement en die Nasionale Raad van Provinsies goedgekeur is, op President Cyril Ramaphosa se tafel, gereed om onderteken te word.

“Hierdie wetgewing gee meer as 200 regeringsinstellings die mag om eiendom van Suid-Afrikaner te onteien, gebaseer op ’n gevaarlik breë nuwe definisie van ‘openbare belang’.”

Hoewel die impak van hierdie wet op landbougrond dikwels bespreek word, strek die wet se omvang volgens Van Zyl veel verder.

TLU SA meen hierdie voorgestelde wet dreig alle vorme van eiendom – van stedelike huise tot roerende bates soos pensioenfondse.

“Selfs al besit jy nie eiendom nie, kan jou huurhuis of die kruidenierswinkel waar jy jou kos koop deur die staat onteien word. Die potensiële gevolge van hierdie wet is verwoestend vir elke Suid-Afrikaner.”

Projek 10 000 is daarom deur die TLU SA van stapel gestuur wat ’n oproep tot aksie is.

Deur by Projek 10 000 aan te sluit, voeg mense hulle steun by die deurlopende regsgevegte wat die toekoms van eiendomsbesit en geregtigheid in Suid-Afrika sal bepaal.

Mense wat wil aansluit by Projek 10 000 kan die TLU SA se webblad besoek by www.tlu.co.za

Lees die volledige berig in Hoëvelder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button