Ermelo-vrou laat ’n groot leemte agter
Marena Loots het bo alles haar drie kinders en hul gades, asook haar drie kleinkinders bitter liefgehad.
ERMELO – Die gemeenskap het onlangs met groot hartseer en liefde van Marena Loots, wat in Oktober oorlede is, afskeid geneem.
Haar gesondheid het begin verswak, en sy het op 27 Oktober ’n beroerte gehad.
Sy was ’n geliefde moeder, ouma, suster en vriendin, wat haar lewe met liefde, vreugde en avontuur gevul het.
Loots is in Mariental, Namibië, gebore en het haar laerskool- en hoërskooljare in Karasburg en Upington deurgebring. Na skool het sy haar groot liefde ontmoet, met hom getrou en ’n huisvrou geword.
Sy het haar roeping verder as tuisteskepper en later as eiendomsagent vervul.

Loots het later van tyd haar loopbaan as ontvangsdame by Arnold Oosthuizen se veeartspraktisyn en daarna ook as administratiewe beampte by die Mediclinic voortgesit.
Loots het haar drie kinders en hul gades, asook haar drie kleinkinders, Amia, Eliza en Joshua, bo alles liefgehad.
Sy het haar lewe op die genade van die Here geleef en was altyd vol vreugde en opwinding.
Niks het haar van haar avontuurlus of haar liefde vir geselskap en samesyn met vriende weggehou nie.
Lees die volledige berig in Hoëvelder.



