Baanbreker neem afskeid van Hoërskool Ermelo
In 1987, toe Spier van Rensburg nog die die hoof was, het sy by die skool se personeel aangesluit.
ERMELO – Elsa Matthee sal vanjaar ná 37 jaar by Hoërskool Ermelo haar klaskamer vir die laaste keer sluit.
Matthee het in 1987 by die skool se personeel aangesluit, toe Spiere van Rensburg nog die hoof was.
Sy het haar loopbaan by die Adriani-dogterskoshuis begin en was by ‘n wye verskeidenheid aktiwiteite, insluitende atletiekafrigting, tennis en die bestuur van die trompoppieafrigting betrokke.
Verder het sy ‘n waardevolle bydrae aan die skool se sosiale en verversingskomitees gelewer.
Sy is met Hennie Matthee, die adjunkhoof van Laerskool JJ van der Merwe, getroud.
Sy beskryf haar passie vir onderwys met ‘n aanhaling van Jeffrey R Holland: “And if those children are unresponsive, maybe you can’t teach them yet, but you can love them. And if you love them today, you can teach them tomorrow.”
Sy is ‘n geliefde onderwyseres wat met haar spontane benadering ‘n spesiale band met haar leerders gesmee het.
“Met ‘n swaar hart neem Hoërskool Ermelo van Elsa afskeid. Ons sal haar altyd onthou vir haar bereidheid om in te spring, of dit nou vir redenaars, funksies of enige ander aktiwiteit was. Mag die toekoms vir jou en jou gesin vol voorspoed wees,” het die skoolhoof, Pieter Grobler, gesê.



