Oupas en oumas van SAVF Ermelo vir Kersfees bederf
'n Klein gemeenskapsprojek het gegroei tot 'n landswye organisasie wat bejaardes met persoonlike geskenke bederf.
ERMELO – Cherice Purcocks van die Ouma- en Oupa-Kersprojek het op 3 Desember Kersgeskenke aan die bejaarde inwoners van die plaaslike SAVF-tehuis uitgedeel.
Die idee van die Kersprojek is in 2017 gebore om hierdie oumas en oupas tydens die feestydperk spesiaal te laat voel en moeite vir hulle te doen, nes hulle eens op ’n tyd soveel moeite met hul eie kinders gedoen het.
Wat as ’n klein gemeenskapsprojek begin het, het gou uitgebrei na ’n organisasie sonder winsoogmerk waarmee bejaardes regoor die land met ’n geskenk, spesiaal saamgestel volgens hul wenslysie, bederf word.

Die groep het met omtrent ’n hele vrag geskenke by die SAVF Ermelo opgedaag en drie kinders het gehelp om dit aan al die oupas en oumas uit te deel.
Na die opwinding van die geskenke het elke bejaarde ook roomys en koeldrank geniet terwyl daar heerlik saamgekuier is.
Lees die volledige berig in Hoëvelder.



