Holland Geloftefees buite Ermelo om die draai
Inwoners word aangeraai om hul eie kampstoele, eetgerei en kontant vir koeldranke en lekkernye saam te bring.
ERMELO – Talle Afrikaners sal vanjaar weer Geloftedag op 16 Desember herdenk, en die organiseerders van die Holland Geloftefees nooi alle inwoners uit om die dag saam met hulle te geniet.
Dié dag gedenk die gelofte wat die Voortrekkers op 16 Desember 1838 gemaak het.
Die feesterrein sal om 08:30 open, waarna ’n perdeoptog om 09:00 plaasvind.
Die Feesrede word om 10:00 deur Hugo Swart en Dawie Swanepoel gelei, en die diens deur ds. Hennie Jacobs vind om 11:15 plaas, gevolg deur pret vir die jongspan.

Middagete sal om 13:00 bedien word. Die vleis word voorsien, en die feesgangers kan ’n slaai saambring.
Boeresport sal om 14:00 afskop.
Inwoners word aangeraai om hul eie kampstoele, eetgerei en kontant vir koeldranke en lekkernye saam te bring.
Die Holland Geloftefees vind sowat 30 km buite Ermelo op die Amersfoort-pad plaas.
Vir meer inligting, skakel Wikus Botha by 078 120 3632.



