Local news
Fotograwe geniet laaste byeenkoms vir die jaar
Jan van Niekerk se ‘Two Macaws Flying’ het in die seniorafdeling gewen.
ERMELO – Die Ermelo Fotoklub het op 6 Desember sy laaste klubaand vir die jaar aangebied.
Die vasgestelde onderwerp vir Desember was voëls, en die lede het pragtige foto’s daarvoor ingeskryf.
Tia Labuschagne se ‘Red-banded Plover’ het die juniorafdeling gewen, en Jan van Niekerk se ‘Two Macaws Flying’ die seniorafdeling.
Sien die galery: HIER
Die Ermelo Fotoklub bied maandeliks die geleentheid vir fotograwe om hul vermoëns te slyp. Die volgende vergadering sal op 24 Januarie plaasvind.
Indien jy daar wil aansluit, stuur ’n e-pos aan ermelofotoklub18@gmail.com.
Lees die volledige berig in Hoëvelder.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



