VIDEO – Ligbron spruit krisis vererger: Visse vrek op ’n streep
Ligbron Akademie is vasbeslote om die probleem aan te spreek en wag op verdere kommunikasie van die plaaslike owerheid en AfriForum.
ERMELO – Die stank en besoedeling van die spruit wat deur Ligbron Akademie vir Tegnologie vloei, het tot verdere frustrasie gelei, met dooie visse wat nou op die dam se oppervlak dryf.
Kevin le Roux, terreinbestuurder, het bevestig dat die sterk vloei van rioolwater in die dam vermoedelik die dood van die visse veroorsaak het.
Lees die vorige berig: HIER
“Oorspronklik was die vloei van rioolwater sigbaar en die reuk daarvan opmerklik, maar nou het dit aansienlik vererger,” sê Le Roux.
Hy het sy teleurstelling uitgespreek teenoor die Msukaligwa Plaaslike Owerheid se gebrek aan optrede, ondanks vroeëre beloftes van ’n ondersoek.
“Ons het geen kommunikasie van hul kant ontvang nie. Ons het gehoop dat hulle met ons in verbinding sou tree om saam ’n oplossing te vind.”
Lees die volledige berig in Hoëvelder.